# President Donald Trump van Amerika sê Suid-Afrika hoort nie meer in die Groep van 20 belangrike ekonomieë nie. Hy het die land herhaaldelik beskuldig dat hy op grond beslag lê en sekere klasse mense baie sleg behandel. Hy beskryf dit as ʼn massiewe menseregteskending. Suid-Afrika maak gereed om later vandeesmaand die G20-leiersberaad in Johannesburg aan te bied, wat Amerika se visepresident, JD Vance, na verwagting sal bywoon. Trump het aan die Amerikaanse Sakeforum in Miami gesê slegte dinge gebeur in Suid-Afrika:
Trump sê Suid-Afrika hoort nie meer in die G20 nie [KLANK]
ENG TrumpOnSA