# President Donald Trump sê hy wou nie hê die burgemeester van Londen, sir Sadiq Khan, moet die staatsdinee wat deur die koning by Windsor-kasteel aangebied is, bywoon nie. Sir Sadiq was nie teenwoordig nie, en volgens die BBC het hy nie ‘n uitnodiging gevra of verwag nie. Die twee se langdurige rusie dateer terug na 2015 toe die Arbeiderspolitikus Trump se voorstel veroordeel het dat Moslems verbied moet word om na die VSA te reis. Trump se tweede staatsbesoek aan Brittanje is grootliks gekenmerk deur prag en praal, maar duisende betogers het in die parlementêre plein bymekaargekom om teen die besoek te betoog.
Trump sê hy wou nie die Londense burgemeester Sadiq Khan by die staatsbanket hê nie