Skip to content

Trump se dreigement van 50% tarief op Kanadese goedere word nie vandag van krag nie

# President Donald Trump van Amerika sê hy het die instelling van ʼn 50-persent tarief op ʼn wye reeks Kanadese produkte met drie dae uitgestel. Die tariewe op produkte soos suiwel, alkohol en meubels sou vandag van krag word. Trump sê op Truth Social Amerika en Kanada het ʼn ooreenkoms bereik, onderhewig aan die afhandeling van dokumente. Kanada se eerste minister, Mark Carney, sê hulle het aansienlike vordering met ʼn handelsooreenkoms gemaak, maar nog werk is nodig.