Skip to content

Trump sê Amerika het ‘enorme’ handelsooreenkoms met Japan bereik

# President Donald Trump sê Amerika het ʼn handelsooreenkoms met Japan bereik en beskryf dit as die grootste ooit. ʼn Tarief van 15-persent sal op Japannese invoere gehef word, wat beter is as die 25-persent wat die president van 1 Augustus af wou instel. Trump het op Truth Social gesê Japan sal ook sy markte oopstel vir Amerikaanse produkte soos motors, vragmotors, rys en sekere landbouprodukte. Japan se eerste minister, Shigeru Ishiba, sê hulle sal die besonderhede van die ooreenkoms deeglik nagaan.