# Die Amerikaanse president Donald Trump dreig Apple met ‘n tarief van 25-persent as die iPhones wat die maatskappy in die Verenigde State verkoop, nie plaaslik vervaardig word nie. In ‘n plasing op Truth Social het Trump gesê hy het Apple meegedeel dat hy verwag dat hul iPhones wat in die VSA verkoop sal word, nie in Indië of elders vervaardig sal word nie. Trump se omvangryke tariewe op belangrike Amerikaanse handelsvennote het wêreldmarkte ontspoor en internasionale handel omvergewerp.
Trump dreig Apple met 25%-tariewe as iPhones nie in die VSA vervaardig word nie