Skip to content

Trump-administrasie hersien museumuitstallings om verdelende en partydige vertellings te verwyder

# Die Amerikaanse president, Donald Trump, se administrasie neem beheer oor van museumuitstallings. ‘n Omvattende hersiening van sekere Smithsonian-museums is gelas om te verseker uitstallings prys Amerikaanse uitsonderlikheid en verdelende of partydige vertellings word verwyder. Trump het sedert die begin van sy tweede termyn in Januarie beheer begin uitoefen oor groot Amerikaanse kulturele instellings en ook die befondsing vir kuns en geesteswetenskappe gesny. Die instelling se sekretaris, Lonnie Bunch, is ingelig die administrasie sal ‘n omvattende interne hersiening van sekere Smithsonian-museums en -uitstallings uitvoer.