Skip to content

Trump-administrasie gekritiseer oor drastiese beperking op vlugtelinge en voorkeur aan wit Suid-Afrikaners

# President Donald Trump van Amerika se administrasie word gekritiseer oor sy besluit om die getal vlugtelinge na die land tot sewe-duisend-500 per jaar te beperk. Dié syfer was verlede jaar 125-duisend onder oudpresident Joe Biden. Trump sê wit Afrikaners uit Suid-Afrika en ander slagoffers van onwettige en onregverdige diskriminasie sal voorkeur kry. Die Internasionale Vlugtelinghulp-projek sê die administrasie verpolitiseer ‘n humanitêre program deur voorkeur te gee aan Afrikaners terwyl duisende vlugtelinge wat alreeds goedgekeur is, verban word.