# Treatment Action Campaign het die Amerikaanse regering gekritiseer omdat hy befondsing aan die president se noodplan vir MIV-organisasies in Suid-Afrika gestaak het. Hulle het die fondse deur die Verenigde State se Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling ontvang. Pepfar is in 2003 gestig om lande met hoë MIV-getalle soos Suid-Afrika te help. Die land het sowat 145-miljard-rand se fondse ontvang waarvan ongeveer 8,1-miljard vir die huidige Amerikaanse boekjaar was. Treatment Action Campaign sê die regering moet vinnig optree en ʼn plan maak om lewens te red.
Treatment Action Campaign vra dringende regeringsoptrede oor opskorting van USAID-fondse