# Transnet Haweterminale het ‘n tienjaar-vennootskap met Liebherr onderteken om die werkverrigting en kapasiteit van Suid-Afrikaanse hawens te verbeter. Die transaksie sluit nuwe Skeep-tot-Land en rubberband-gedrewe kraanbaanhysers in. Vier Skeep-tot-Land eenhede word gebou vir Durban en 48 kraanbaanhysers is bestel vir Durban en Kaapstad. Die hoof- uitvoerende beampte, Jabu Mdaki, sê die vennootskap verseker wêreldgehalte diens en verlaagde kostes. Liebherr sal ook ‘n tegnologiekampus in Durban vestig en sal sy ondersteuningspilpunt in Kaapstad versterk.
Transnet onderteken tienjaar-ooreenkoms met Liebherr in hawetoerustingtransaksie