# Die regering het ʼn bykomende waarborg van 94,8-miljard-rand aan Transnet toegeken wat bestaan uit 48,6-miljard-rand om oor die volgende vyf jaar skuld te delg, en 46,2-miljard-rand om die instelling teen verdere negatiewe kredietgraderings te beskerm. S&P Global het Transnet se kredietgradering afwaarts aangepas weens ʼn jaarlikse kontantgebruik van 13,5-miljard-rand en versuim om volume-teikens te haal. Die Departement van Vervoer se woordvoerder, Collen Msibi, sê die regering sal saam met Transnet werk om verbetering in bedryf en finansies te verseker:
Transnet kry nog ’n reddingsboei van R94,8-miljard [KLANK]
ENG CollenonTransnet