Skip to content

Transnet fokus op die verbetering van operasionele en finansiële prestasie

# Transnet sê sy onmiddellike prioriteit is om gefokusde aksies in te stel om sy operasionele en finansiële prestasie te verbeter. S&P Global het die staatsonderneming se kredietgradering afgegradeer weens ‘n jaarlikse kontantverbruik van 13,5-miljard-rand en die versuim om volumeteikens te bereik. Transnet sê hy het egter aansienlike vordering gemaak met hervormings, waarop sy strategie fokus om operasionele doeltreffendheid te verbeter. Die onderneming sê regeringswaarborge is noodsaaklik om broodnodige kapitaalbeleggings te finansier.