Skip to content

Transmissiemaatskappy wil groothandel-elektrisiteitsmark teen April 2026 bekendstel

# Die Nasionale Transmissiemaatskappy van Suid-Afrika wil teen 1 April volgende jaar ‘n groothandel elektrisiteitsmark bekendstel, hangende goedkeuring deur die reguleerder. Die maatskappy het by NERSA vir ‘n bedryfslisensie aansoek gedoen en groot vordering met die markkode gemaak. Die tussentydse uitvoerende hoof, Segomoco Scheppers, sê die vrywillige mark sal regverdige handel verseker en voorraad beveilig. Intussen word ‘n Suid-Afrikaanse groothandelelektrisiteitskool op 24 Junie bekendgestel om belanghebbendes te help om die nuwe markstelsel te verstaan.