Skip to content

Tongaat Hulett se likwidasieverhoor uitgestel na verlenging van befondsingsooreenkoms

# Die Hooggeregshof in Durban, KwaZulu-Natal het die voorlopige likwidasieverhoor van Tongaat Hulett tot Junie uitgestel nadat ‘n nuwe befondsingsooreenkoms bereik is. Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie het die befondsing na aanvang van die onderneming van 2,3-miljard-rand tot 2,5-miljard rand verhoog en die ondersteuningstydperk tot die einde van Junie 2026 verleng om die maatskappy se bedrywighede te help handhaaf. Die ooreenkoms is daarop gemik om korttermyn finansiële verligting te bied terwyl belanghebbendes voortgaan met onderhandelinge oor ‘n moontlike langtermyn-reddingsooreenkoms.