Skip to content

Tom Cruise-rolprent verloor dalk 4-miljard rand

# Tom Cruise se jongste rolprent, Digger, kan dalk nagenoeg vier-miljard-rand by die loket verloor, ná teleurstellende kaartjieverkope. Die rolprent het wêreldwyd slegs 35-miljoen-dollar in sy eerste twee naweke verdien, terwyl kaartjieverkope in Noord-Amerika die tweede naweek met 60-persent teruggesak het. Dit het na raming 4,6-miljard-rand gekos om te vervaardig en te bemark. Ontleders meen dit sal sowat 825-miljoen-rand in teaters verdien, heelwat minder as wat nodig is om gelyk te breek. Cruise speel die rol van ‘n welgestelde oliemagnaat met planne wat rampspoedig kan wees.