# Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekers is bekommerd oor ‘n 400-persent toename in ingevoerde suiker en waarsku dit kan plaaslike verkope verwoes en duisende landelike werksgeleenthede in KwaZulu-Natal en Mpumalanga bedreig. Plaaslike suikerverkope het op ‘n jaargrondslag met 13-persent gedaal, wat ‘n verlies van 100-duisend ton verteenwoordig. Die organisasie blameer gesubsidieerde invoere uit lande soos Brasilië vir die verwringing van pryse. Die liggaam vra die regering om handelsbeskerming te versterk en die suikerbelasting te skrap ten einde die sukkelende plaaslike bedryf te beskerm.