# Die geskorste inspekteur van die Tshwane Metropolisie, Lebogang Phiri, het aan die Madlanga-kommissie gesê hy het nie alleen opgetree met die ontplooiing van privaat sekuriteitswagte nie. Phiri sê sy seniorbestuurder het alle ontplooiings wat verband hou met munisipale infrastruktuurbeskerming, insluitend die privaat sekuriteitsmaatskappy Gubis85 Solutions, gemagtig. Phiri word daarvan beskuldig dat hy verkrygingsreëls omseil het en wagte sonder behoorlike goedkeuring aangestel het. Hy het die saak beklemtoon wat voortspruit uit die ad hoc-komitee se sekuriteitsontplooiing met instruksies van die direkteur van Batebeskermingsdienste, Tshukudu Malatji:
TMPD inspekteur ontken alleen-optrede in Tshwane-sekuriteitsontplooiings [KLANK]
ENG-PhiriOnSecurity