Skip to content

TLU SA verwelkom skuldigbevinding oor onwettige jag

# TLU SA in Limpopo verwelkom die Landdroshof in Howick se uitspraak waarin vier mense skuldig bevind is aan onwettige jag ingevolge die KwaZulu-Natalse Ordonnansie op Natuurbewaring. Die organisasie se woordvoerder, Floris Booysen, sê die uitspraak bevestig owerhede kan optree voor wild onwettig gejag word om misdaad te voorkom. Hy sê onwettige jag hou dikwels verband met die betreding van eiendom sonder toestemming, skade aan eiendom en bedreigings vir landbougemeenskappe. Booysen vra wetstoepassers om misdaad wat boere raak voorop te stel met voorkomende optrede, vinnige ondersoeke en doeltreffende vervolging.