# Die landbou-organisasie, TLU SA, verwelkom die regering se verbintenis om die tydelike onderbreking wat Landbank ingestel het op nuwe aansoeke onder die gemengde finansieringskema, op te los. Die skema ondersteun meer as 14-duisend werksgeleenthede, insluitend sowat sewe-duisend-860 deur die Nywerheidsontwikkelingskorporasie, en meer as ses-duisend-480 deur Landbank. Bennie van Zyl van TLU SA sê die Landboudepartement het ʼn bykomende 150-miljoen-rand beloof. Dit is buiten die toekenning van 325-miljoen-rand wat reeds vir die 2026/2027-boekjaar aan Landbank oorgedra is:
TLU SA verwelkom ingryping om befondsing vir gemengde finansieringskema te herstel [KLANK]
AFR ZylONFunding