# TLU SA in Limpopo doen ‘n beroep op die regering om Suid-Afrika se handelsverhouding met die VSA te herstel, in die lig van die beplande onttrekking aan die Wet op Afrika Groei en Geleenthede in Januarie volgende jaar. Bennie van Zyl van die organisasie sê die regering moet ook alternatiewe uitvoermarkte vind en bepaal hoe die besluit boere, werkers en landelike ondernemings kan raak. Hy waarsku dat die impak verder as net plase kan strek, tot by ondernemings wat betrokke is by verwerking, berging en vervoer:
TLU SA Limpopo sê regering moet handelsbande met VSA herstel en alternatiewe markte ontwikkel [KLANK]
AFR BennieOnMarkets