Skip to content

Tiger Brands verkry alle Oros-lemoene plaaslik

# Die verbruikersgoedereprodusent Tiger Brands het 100-persent van die lemoene wat nodig is om sy Oros-koeldrankreeks te vervaardig, die tweede agtereenvolgende sitrusseisoen vanaf Suid-Afrikaanse produsente verkry. Die onderneming sê dit versterk plaaslike landbou, ondersteun boere met ‘n bestendige vraag en verminder die afhanklikheid van invoere. Tiger Brands gebruik jaarliks ​​sowat 45-duisend ton lemoene om Oros-konsentraat te vervaardig. Tiger Brands sê sy langtermyn-vennootskappe met plaaslike produsente help om volhoubaarheid, belegging en werkskepping in boerderygemeenskappe te verbeter.