# Die saak van die Gautengse vrou Tiffany Meek, wat teregstaan op moord op haar jong seun, is na die Hooggeregshof in Johannesburg oorgeplaas vir ‘n voorverhoor op die 20ste van hierdie maand. Sy het vandag weer in die Roodepoortse Landdroshof verskyn op aanklag van moord en regsverydeling. Dit volg nadat haar elfjarige seun, Jayden-Lee, vroeër vanjaar dood gevind is in hul woonstelgebou in Fleurhof, Johannesburg. Meek bly in aanhouding nadat borgtog geweier is. Sy hou vol sy is onskuldig.
Tiffany Meek-moordsaak oorgeplaas na Hooggeregshof vir voorverhoor