# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het ‘n 18-jarige seun tot 25-jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op ‘n graad 10-leerder van die Hoërskool Overberg in Caledon, Deveney Nel. Die tiener, wie se identiteit ingevolge die Kinderwet beskerm word, is ook skuldig bevind aan regsverydeling as deel van ‘n pleitooreenkoms. Deveney se liggaam is op 14 Augustus verlede jaar met veelvuldige steekwonde ontdek in ‘n pakkamer by die skool nadat sy as vermis aangemeld is. Die saak het die debat oor Suid-Afrika se Wet op Kindergeregtigheid weer aangewakker.
Tiener tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir moord op Deveney Nel van Hoërskool Overberg