# Die Universiteit Stellenbosch-oudstudent, Theuns du Toit, wat aangekla is nadat hy in 2022 op ʼn medestudent se besittings geürineer het, oorweeg ʼn siviele eis teen die universiteit. Die Stellenbosch-landdroshof het hom onskuldig bevind aan crimen injuria en kwaadwillige saakbeskadiging. Du Toit is geskors nadat hy na ʼn tugverhoor skuldig bevind is aan oortreding van studente se dissiplinêre kode. Sy prokureur, Dirk van Niekerk, het aan News24 gesê die universiteit het roekeloos opgetree en sy kliënt skuldig bevind sonder dat bewyse behoorlik getoets is.
Theuns du Toit oorweeg regsoptrede teen die Universiteit Stellenbosch