# Die eerste benoemings vir die 52ste Daytime Emmy’s is bekendgemaak. Daar is vanjaar net drie benoemings in die kategorie vir beste dramareeks: General Hospital, Days of Our Lives en The Young and the Restless. Vier van die ses benoemdes vir beste aktrise in ʼn sepie is van The Young and the Restless: Sharon Case, Eileen Davidson, Melissa Claire Egan en Michelle Stafford. Benoemings vir beste geselsprogram sluit in The Drew Barrymore Show, The View, en Live with Kelly and Mark.
The Young and the Restless loop voor met benoemings vir Daytime Emmy’s