# The Green Connection waarsku die konsepregulasies in die Wet op die Ontwikkeling van Stroomop Petroleumhulpbronne kan demokratiese deelname kniehalter, die betrokke gemeenskappe opsyskuif en omgewingskade versnel. Die Departement van Minerale en Petroleumhulpbronne hersien tans die wet. The Green Connection sê sy grootste kommer is dat die regering een ding sê oor sy klimaatverpligtinge, maar dan regulasies voorstel wat blykbaar fossielbrandstof bevorder. Hy voeg by die land moet dringend oorskakel na ʼn hernubare en volhoubare energieroete.
The Green Connection bekommerd oor konsepregulasies in die Petroleumwet