# Oudpresident Thabo Mbeki gaan nie aan die nasionale dialoog-vergadering deelneem wat môre en Saterdag by die Universiteit van Pretoria plaasvind nie. Die voorsitter van die Thabo Mbeki-stigting, Geraldine Fraser-Moleketi, sê die vergadering is nie die amptelike nasionale dialoog-konvensie nie. Sy waarsku dat die byeenkoms misleidend is, aangesien slegs die span se goedgekeurde geleenthede werklik deur burgers gelei word, en Suid-Afrikaners ‘n werklike kans sal gee om seggenskap in die land se toekoms te hê. Verskeie politieke partye en burgerlike samelewings-organisasies gaan ook dit ook nie bywoon nie.
Thabo Mbeki wys uitnodiging na nasionale dialoog van die hand