Skip to content

Thabo Mbeki waarsku teen teenrewolusionêre magte in die ANC

# Oudpresident Thabo Mbeki waarsku daar is teenrewolusionêre magte in die ANC en dat faksievorming en loopbaangerigtheid onder lede die grootste bedreiging vir die party se oorlewing is. Hy het by die ANC-veteraneliga se Politieke Skool in Gqeberha gepraat waar dalende kiesersteun, interne faksies en die gehalte van die party se leierskap bespreek is. Mbeki sê die party kan nie Suid-Afrika se probleme oplos as hy homself nie vernuwe en etiese leierskap herstel nie. Hy sê die verandering moet op tak-vlak begin.