# Die Nasionale Tesourie se direkteur-generaal, Duncan Pieterse, sê geopolitieke spanning maak dit vir Suid-Afrika moeiliker om fiskale teikens te bereik en terselfdertyd noodsaaklike maatskaplike besteding te beskerm. Die fiskale strategie se doel is om die verhouding tussen skuld en bruto binnelandse produk in die 2025/2026-boekjaar te bestendig en dan te verminder. Pieterse sê ten spyte van politieke onstuimigheid is die land op dreef om sy fiskale strategie na te kom. Hy sê fiskale geloofwaardigheid moet gekombineer word met hervorming wat nodig is om beter ekonomiese groei, belegging en werkskepping te ondersteun.
Tesourie sê Suid-Afrika se fiskale strategie is op dreef ten spyte van geopolitieke spanning