# ‘n Enorme ineenstorting op Wall Street het ongeveer 41,22-duisend-miljard-rand aan markwaarde van groot tegnologiemaatskappye in die VSA en Asië uitgewis. Die groot vlaag van verkope is veroorsaak deur beleggers se kommer oor ‘n moontlike verlangsaming in die ontwikkeling van kunsmatige intelligensie, in die nadraai van die Demokratiese Party se oorwinning in die Amerikaanse middeltermynverkiesing. Die tegnologie-gedrewe Nasdaq het gister met 5,5 persent gedaal, terwyl die aandele van die KI-reus Nvidia met ongeveer nege-persent getuimel het. Op Asiatiese markte het Suid-Korea se Kospi vandag tydens vroeë verhandeling met byna nege-persent geval, en Japan se Nikkei 225 was ses-persent laer.
Tegnologie-aandele tuimel na die Demokrate se verkiesingsoorwinning beleggers bekommerd laat oor KI-verlangsaming