# Britse teenterreur-polisie lei die ondersoek na gister se brand by ‘n substasie naby Heathrow in Londen wat een van die wêreld se besigste lughawens tot stilstand gedwing het. Die lughawe het vroeg gisteroggend aangekondig dat hy die res van die dag gesluit sal wees weens ‘n reuse-kragonderbreking. Dit kon meer as 145-duisend passasiers wêreldwyd ontwrig, en tot een-duisend-300 vlugte sal na verwagting oor die volgende paar dae geraak word. Dit sal die lugvaartbedryf honderde-miljarde rand kos. Die lughawe is na 16-uur heropen.
Teenterreur-polisie lei ondersoek na sluiting van Heathrow