# Twee Namibiese opposisiespartye wat die uitslag van verlede maand se verkiesing wil uitdaag het gister ‘n hofbevel bekom wat hulle toelaat om verkiesingsmateriaal te inspekteer. Namibië se regerende party, SWAPO, het op 27 November beide die presidensiële en die parlementêre verkiesing gewen, en sy heerskappy van 34-jaar verleng. Die grootste opposisieparty, Independent Patriots for […]
# Sokker: Ronwen Williams van Mamelodi Sundowns is op die finale kortlys vir CAF se drie hooftoekennings – Speler van die Jaar, Interklubspeler van die Jaar en Doelwagter van die Jaar. Hy het deurgedring vir die toekennings wat Maandag in Morokko gehou word, in die week waarin Sundowns geruk is deur die afdanking van die […]
# Duisende mense het gister in die noordweste van Sirië byeengekom vir weeklikse gebede en ‘n saamtrek in die hawestad Latakia, ‘n vorige vesting van die uitgesette president Bashar al-Assad. Siriese geestelikes het gevra vir nasionale eenheid onder die land se nuwe regering. Mense in die skare het “vryheid verewig ondanks Assad” buite die Al-Aijanmoskee […]
# Rusland het Oekraiënse energiegeriewe gister hard geslaan in ‘n reuse lugaanval. President Volodymyr Zelenskyy sê dit was een van die grootste tot nog toe op die sukkelende netwerk. Hy sê dit bewys hoekom Kiëf nog Westerse hulp nodig het voor enige vrede met Rusland. Mediaberigte lui die 12de groot aanslag op die energiestelsel vanjaar […]
# Rebellemagte in Damaskus het Sirië se hoofstad “vry” verklaar van die lankregerende Bashar al-Assad, terwyl regeringmagte onttrek. Assad was byna 25 jaar aan bewind en het per vliegtuig gevlug na ‘n onbekende plek. Ongeverifieerde video’s op sosiale media toon duisende gevangenes wat bevry word uit die berugte Saydnaya-tronk, waar Assad se teenstanders gemartel en […]
# Sokker: Die West Ham United-ster Michail Antonio is by sy bewussyn en bestendig nadat hy buite Londen in ‘n padongeluk was. Die Engelse Premierligaklub sê hy kommunikeer en word fyn in ‘n Londense hospitaal gemonitor. Die 34-jarige Jamaikaan het in September die eerste speler van West Ham geword wat direk betrokke was by die […]
# Gerugte wat die rondte op sosiale media doen oor die dood van die Suid-Afrikaanse jazz-ikoon, Abdullah Ibrahim, is onwaar. Die plaaslike konsertpromotor Roddy Quin was in kontak met Ibrahim se internasionale bestuur, en hulle het bevestig dat hy wel nog lewe. Die media en die publiek word gevra om op te hou om waningligting […]
# Krieket: Die Proteas het met uitskeityd op dag drie hoogty gevier op 191 vir drie in hulle tweede beurt, vir ‘n algehele voorsprong van 221 in die tweede toets teen Sri Lanka op St Georgespark in Gqeberha. ‘n Eerste vyf-paaltjie-prestasie deur die veteraan Dane Paterson het die gashere gehelp om die besoekers vir 328 […]
# Die prins van Wallis en die verkose Amerikaanse president Donald Trump het 40 minute lank samesprekings gehou by die woning van die Britse ambassadeur na hulle die heropening bygewoon het van die Notre-Dame-katedraal in Parys. Volgens Kensington-paleis het hulle ‘n reeks globale kwessies bespreek maar ook gepraat oor die spesiale betrekkinge tussen Brittanje en […]