Skip to content

Tau sê R100-miljard Transformasiefonds sal vrywillig wees

# Minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau het weer bevestig dat deelname aan die voorgestelde Transformasiefonds vrywillig sal wees. Gemik op die bevordering van die impak van swart ekonomiese bemagtiging, sal die fonds ondernemingsontwikkelingsfinansiering van genoteerde en private maatskappye konsolideer. Tau dring aan dat dit op samewerking gebasseer is, en is nie ‘n gedwonge beleid nie. Tau sê die fonds sal fokus op platteland- en dorpsontwikkeling, en beplan om besighede in swart-besit te ondersteun. Die fonds is oop vir openbare kommentaar tot 28 Mei.