Skip to content

Tata se Jaguar Land Rover gaan sy Britse bedrywighede hervat ná kuberaanval

# Jaguar Land Rover sê hy gaan in die komende dae die vervaardiging van sy voertuie gedeeltelik hervat nadat ‘n kuberaanval bedrywighede by sy fabrieke in Brittanje tot stilstand gebring het. Die onderneming, wat besit word deur Tata Motors in Indië, het vroeër aangekondig hy is deur kuberkrakers geteiken, wat verkope en vervaardiging ernstig ontwrig het en hy moes noodgedwonge noodbefondsing soek. Die Britse regering het aangekondig ‘n regerings-kredietagentskap sal die waarborg verskaf vir ‘n lening by ‘n handelsbank, wat oor vyf jaar terugbetaal moet word.