# Tanzanië en Angola het ooreengekom om hul Indiese en Atlantiese Oseaan-vervoer-deurgange deur Zambië en die Demokratiese Republiek die Kongo te verbind. Tanzanië se president, Samia Suluhu Hassan, sê die Benguela-spoorlyn sal aansluit by die Tanzanië-Zambië-spoorlyn, wat Angola se Lobito-deurgang met die hawe van Dar-es-Salaam verbind. Die projek volg op ‘n Chinese ooreenkoms om die Tanzanië-Zambië-spoorlyn op te knap, om streekshandel en mineraaluitvoere te bevorder. Geen voltooiingsdatum is nog aangekondig nie.
Tanzanië en Angola verbind oseaan-deurgange