# Die bevelvoerder van Iran se Weermag, Amir Hatami, bied ‘n kontantbeloning van ongeveer 484-duisend-rand aan vir enigiemand wat ‘n Amerikaanse soldaat gevange neem of doodmaak en aan die owerhede oorhandig. Sewentien Amerikaanse militêre personeellede is dood sedert die begin van die oorlog, maar almal het buite Iran gesterf, in lande soos Jordanië en Irak. […]
# The Iranian Army’s commander-in-chief, Amir Hatami, is offering a cash reward of around 484-thousand-rand for anyone who captures or kills a US soldier and hands them over to authorities. The number of American military personnel killed since the start of the war stands at 17, all killed outside of Iran, in countries including Jordan […]
# ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê Suid-Afrika moet ophou om funksies uit te kontrakteer wat die regering self kan verrig. Hy wil weet waarom munisipaliteite tussengangers betaal om mense aan te stel om vullis te verwyder, openbare geriewe skoon te maak, infrastruktuur te onderhou en veiligheid te voorsien. ActionSA se woordvoerder, Omogolo Taunyane, sê […]
# ActionSA’s leader, Herman Mashaba, says South Africa must stop outsourcing functions that government is capable of performing itself. He has questioned why, when a municipality requires people to collect refuse, clean public facilities, maintain infrastructure or provide security, intermediaries must be paid to employ the people doing work that government itself requires every day. […]
# Rugby: The Bulls have unveiled their new home kit for the season, inspired by Loftus Versfeld. Dubbed “All Roads Lead to Loftus”, the jersey celebrates the stadium as the spiritual home of the team and their supporters. It features a gradient from deep navy to Loftus blue, with a map graphic showing roads converging […]
# Rugby: Die Bulle se nuwe truie vir dié seisoen se tuiswedstryde is geïnspireer deur Loftus Versfeld. Die ontwerp, “Alle Paaie Lei na Loftus“, vier die stadion as die span en sy ondersteuners se geestelike tuiste. Dis in skakerings van diep vlootblou tot Loftus-blou, met ‘n kaartgrafika van strate wat saamvloei by die ikoniese stadion […]
# President Cyril Ramaphosa sê Afrika moet die belofte van bevryding verwesenlik. Hy het ‘n openbare lesing in Durban gelewer oor hoe die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se Visie 2050 in dade omskep kan word. Ramaphosa sê die SAOG moet ‘n dinamiese en produktiewe streek bou waar koloniale grense nie die vloei van kennis, kapitaal, goedere, dienste, […]
# Die Konstitusionele Hof het beslis Shell se aflandige olie- en gas-verkenning kan nie voortgaan nie. Dis ‘n terugslag vir die onderneming ná jare se regsuitdagings deur gemeenskappe wat geraak word en omgewingsgroepe. Dit stel die Appèlhof se uitspraak van 2024 tersyde, wat aflandige verkenning gesteun het. Die beslissing sal na verwagting olie- en gasverkenning […]
# Die Madlanga-kommissie gaan strafregtelike klagte lê teen die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, nadat hy weer afwesig was. Hy is die eerste getuie wat verwys word na die Nasionale Vervolgingsgesag. Sy getuienis is sedert April reeds vyf keer uitgestel en sy regsverteenwoordigers voer sy mediese toestand as rede aan. Getuienisleiers het sy afwesigheid bevraagteken […]