# Sokker: Bafana Bafana, is tans tweede in hul Wêreldbeker-kwalifiserende groep met sewe punte en vanaand pak hulle Lesotho aan in ‘n deurslaggewende wedstryd op die Peter Mokaba-stadion in Polokwane. Bafana Bafana sal boaan hul groep wees as hulle vanaand wen. Sondag vertrek hulle om Dinsdag teen Benin in Abidjan te speel. Oorwinnings teen Lesotho […]
# Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê dit kan die ekonomie knou as die handelsvoordele van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika verloor word. Hy waarsku dit kan uitvoere verswak, groei vertraag en druk op die rand plaas. Die uitwerking daarvan kan vererger as Amerikaanse tariewe bygevoeg word, wat sal […]
# President Cyril Ramaphosa verwerp ten sterkste die Kaapse Onafhanklikheidsbeweging se beplande reis na Washington DC om die Wes-Kaap se afstigting van Suid-Afrika te bevorder. Hy het beklemtoon dat die land se grondwetlike demokrasie, wat in 1994 gestig is, eenheid en nie-rassisme handhaaf. Presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, het by ‘n mediakonferensie ‘n oproep gedoen op […]
# ActionSA in Ekurhuleni vra burgemeester Nkosindiphile Xhakasa om aandag te skenk aan die bekommernisse van die stad se Metropolitaanse Polisiedepartement. Lede het gister betoog teen oortyd-besnoeiings, personeeltekorte en ‘n gebrek aan noodsaaklike bronne. Michael Basch van ActionSA sê die optrede kom nadat oortydbegrotings reg oor die stad met 50-persent gesny is. Die besluit raak talle […]
# ArcelorMittal South Africa sê hy beraadslaag met rolspelers, insluitend die regering, oor fondse wat die beplande sluiting van sy langstaalbedrywighede kan uitstel. Die staalmaker het aangekondig hy gaan teen April vanjaar langstaalvervaardiging by sy meulens in Newcastle en Vereeniging sluit. Dit sal drie-duisend-500 regstreekse en onregstreekse werksgeleenthede raak. Die maatskappy se langstaal-bedryfsverlies het verdubbel van […]
# Tennis: Die Australiër Nick Kyrgios het in die eerste ronde van die Miami Ope sy eerste ATP Toer-oorwinning sedert 2022 behaal. Die 29-jarige speler wat met voet- en polsbeserings sukkel, het die Amerikaner Mackenzie McDonald geklop. Die 38-jarige Fransman, Gael Monfils, het die Hongaar Fabian Marozsan verslaan om die tweede oudste man naas Jimmy […]
# Die DA sê die onverwagse terugkeer na beurtkrag as noodoptrede gaan meer ekonomiese verwoesting saai. Eskom het gisteraand fase twee-beurtkrag ingestel nadat hy voor spitstyd vyf opwekkingseenhede verloor het. Kevin Mileham van die DA sê die vlaag beurtkrag sonder enige kennisgewing wys die onweerlegbare behoefte aan ʼn mededingende energie-opwekkingsmark:
# President Donald Trump beskryf sy uur lange gesprek Woensdag met die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky as baie goed. ʼn Groot deel van die gesprek het gehandel oor maniere om Oekraïne en Rusland in ooreenstemming te bring wat hul versoeke en behoeftes betref. Die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, sê Trump en Zelensky het hul […]
# ActionSA in Ekurhuleni is calling on mayor Nkosindiphile Xhakasa to resolve concerns raised by the Ekurhuleni Metropolitan Police Department. EMPD members took to the streets on Wednesday to protest against overtime cuts, staff shortages, and a lack of essential resources. ActionSA’s, Michael Basch, says the protest comes after a citywide 50-percent cut to overtime budgets, […]