Skip to content

Switserse president Keller-Sutter haas haar na Washington om 39%-tarief te stop

# Switserland se president, Karin Keller-Sutter, is onderweg na Washington om die nuwe tariewe te probeer verhoed wat die land onkant gevang het. Switserland is met 39-persent gestraf, een van die swaarste onder die talle ekonomieë wat getref sal word deur nuwe tariewe wat na verwagting Donderdag in werking tree. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het die uitvoergedrewe land verlede week verras deur die tarief van 31- tot 39-persent te verhoog, ondanks talle besprekings tussen Switserse en Amerikaanse amptenare om ‘n ooreenkoms te probeer bereik.