Skip to content

Swem: Suid-Afrikaner Christian Sadie wen silwer by Wêreld Para-swemkampioenskap

# Swem: Span Suid-Afrika se Paralimpiese swemmer, Christian Sadie, het silwer gebuit in die mans se S13-200-meter individuele wisselslag op die eerste dag van die Wêreld Para-swemkampioenskap in Singapoer. Die 27-jarige Sadie het die Afrika-rekord in die eindpoging tot twee-minute-04,03-sekondes verbeter. Inaki Basiloff van Argentinië het goud opgeraap en Aleksei Ganiuk, ʼn neutrale Paralimpiese atleet, het brons gewen. Nog ʼn Suid-Afrikaner, Nathan Hendricks, was sewende in die mans S13-100-meter vlinderslag. Hy het egter in die uitdunne ʼn Afrika-rekord van 58,46-sekondes opgestel.