Skip to content

Swem: Kris Mihaylov van Suid-Afrika wen goud by Wêreld Junior Watersportkampioenskap

# Swem: Die Suid-Afrikaner Kris Mihaylov het sy eerste goue internasionale junior medalje in die 200 meter-vlinderslag in Roemenië gewen. Die 18-jarige swemmer het sy vorige persoonlike beste tyd laat spat en twee sekondes vinniger as in die kwalifiserende rondes geswem om in een-minuut-56,16-sekondes klaar te maak. Die Hongaar David Antal het silwer gewen en Tuncer Berk Ertürck van Turkye spog met brons. Die Italianer Carlos D’Ambrosio en Peiqi Yang van China is onderskeidelik aangewys as die beste mans- en beste vroue-atleet.