Skip to content

Swem: Coetzé verbeter nog ‘n Afrika-rekord om deur te dring na eindronde

# Swem: Suid-Afrika se wêreldkampioen, Pieter Coetzé, het nog ‘n Afrika-rekord verbeter toe hy die vinnigste tyd opgestel het in die halfeindronde van die 200-meter-rugslag op die Wêreld-watersport-kampioenskap in Singapoer. Hy het vroeër die week die goue medalje in die 100-meter-rugslag gewen, ook in ‘n Afrika-rekordtyd. Kaylene Corbett het met ‘n kragtige poging vierde gekom in haar halfeind van die 200-meter borsslag en in die sewende vinnigste tyd gekwalifiseer vir die eindronde. Albei eindrondes vind môre plaas.