# Suid-Korea se weeragentskap sê die groter Seoel-gebied sal vir ‘n tweede dag deur stortreën geraak word. Owerhede het vloedwaarskuwings uitgereik vir gebiede naby riviere, strome en heuwels, terwyl minstens 145 mense gered is. Een persoon is dood as gevolg van die reën, met honderde paaie en huise wat oorstroom of beskadig is. Meer as een-duisend mense is gedwing om te ontruim. Ongeveer 250 tot 300-millimeter reën het in dele van Seoel en nabygeleë stede geval, wat voertuie gestrand gelaat het terwyl inwoners besittings probeer red uit eiendomme wat deur kitsvloede beskadig is.
Swaar reën saai verwoesting in Suid-Korea se hoofstad met minstens een sterfte