Skip to content

Swaar reën en verwoestende wind word verwag met kouefront wat Wes- en Noord-Kaap nader

# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê ‘n goed-ontwikkelde kouefront gaan na verwagting vanaf môremiddag na die Wes-Kaap en dele van die Noord-Kaap te beweeg. Dit sal swaar reën, sterk wind en ontstuimige see veroorsaak. Reën van tot 40-millimeter word in sommige gebiede verwag, met wind wat 90-kilometer per uur kan bereik. Temperature sal na verwagting vroeg volgende week daal, met koue en nat toestande wat sal voortduur. Kusgebiede word ook gewaarsku oor gevaarlike hoë golwe.