# Swaar gewapende polisiebeamptes het die huis van die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris vir misdaadopsporing, Shadrack Sibiya, in Centurion, Gauteng, deursoek. Die deursoek-en-beslagleggingsoperasie word verbind aan bewerings van korrupsie en misdadige infiltrasie in die polisie. Die klopjag volg slegs ‘n dag nadat die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, aan die Parlement gesê het ondersoeke na Sibiya se beweerde wangedrag duur voort. Sibiya beweer hy was onder die indruk dat hy in hegtenis geneem sou word:
Swaar gewapende beamptes sak toe op huis van geskorste adjunk-polisiekommissaris Shadrack Sibiya in Centurion [KLANK]
ENG SibiyaOnRaid