# Die Sustainable Seas Trust sê die regering het vooruitgang gemaak met omgewingsbeskerming deur inisiatiewe soos die bevordering van hernubare energieprojekte en die toepassing van die Wet op Klimaatsverandering. Die wet maak voorsiening vir die ontwikkeling van ‘n klimaatsveranderingsreaksie en ‘n langtermyn, oorgang na ‘n lae koolstof- en klimaatveerkragtige ekonomie. Die uitvoerende hoof, Janine Osborne, sê daar is steeds uitdagings, insluitend voortgesette afhanklikheid van steenkool en stadige ontplooiing van hernubare energie. Sy sê die regering moet ook die oorgang bespoedig.
Sustainable Seas Trust doen beroep op die regering om oorgang weg van fossielbrandstowwe te versnel