# ‘n Kragtige tifoon nader ‘n afgeleë Japanse eilandgroep en owerhede waarsku teen sterk wind, swaar reën, grondstortings en oorstromings in wat die streek se mees vernietigende storm in jare kan wees. Tifoon Bavi sal na verwagting môreoggend vroeg baie naby aan die afgeleë Sakishima-eilande naby Taiwan verbybeweeg. Die tifoon sal na verwagting nie Taiwan tref nie, maar Bavi kan baie reën oor die eiland veroorsaak. Die tifoon sal na verwagting ook oor die naweek die kus bereik naby die Oos-Chinese stad Wenzhou, met ‘n bevolking van sowat tien-miljoen mense.
Suidwestelike eilande van Japan gereed vir kragtige tifoon Bavi