# Dit is vandag Wêreld-red-‘n-hond-dag en dierewelsynsgroepe moedig Suid-Afrikaners aan om honde in skuilings aan te neem eerder as om troeteldiere te koop. Fiona Miles van FOUR PAWS sê meer as vier-miljoen-diere is haweloos en aanneming bied ‘n veilige hawe wat hulle huis kan word. Miles sê elke aanneming verlig die druk op skuilings en verander lewens. Sy het beklemtoon daar is niks fout met honde in skuilings nie, hulle wag bloot op ‘n tweede kans.
Suid-Afrikaners aangemoedig om ‘n hond aan te neem op Wêreld-red-‘n-hond-dag