# Statistieke Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het in Maart met 2,6-persent op ‘n jaargrondslag gestyg. Die groei is hoofsaaklik gedryf deur algemene handelaars en ander kleinhandelaars, terwyl tekstiel, klere en skoeisel ook sterk winste oor die eerste kwartaal getoon het. Kleinhandelaars in gespesialiseerde voedsel, drank en tabak het egter ‘n afname aangeteken. Raquel Floris from Statistieke SA sê die maandelikse verkope was meesal onveranderd en het geringe groei getoon in vergelyking met Februarie na gemengde prestasie vroeër die jaar:
Suid-Afrikaanse kleinhandel styg in Maart met 2,6% [KLANK]
ENG FlorisOnMarRetailSales