# Die bekroonde Suid-Afrikaanse akteur Presley Chweneyagae is op die ouderdom van 40 oorlede. Die nuus is vanoggend bevestig maar besonderhede oor sy dood bly onbekend. Chweneyagae het wêreldwyd bekend geword vir sy rol in die Oscar-bekroonde rolprent Tsotsi. Hy is in 1984 in Mahikeng, Noordwes, gebore en het ook in The River, iNumber Number en State of Violence gespeel. Hy was ook die hoofkarakter in die splinternuwe reeks Cobrizi.
Bekroonde Suid-Afrikaanse akteur Presley Chweneyagae sterf op 40