Skip to content

Suid-Afrika verwelkom Internasionale Geregshof se bevinding oor Israel se verpligtinge in Gaza

# Suid-Afrika het die Internasionale Geregshof se raadgewende mening oor Israel se verpligtinge in Gaza verwelkom. In sy niebindende mening sê die hof Israel is verplig om die Verenigde Nasies en sy instellings se lewering van humanitêre hulp in die Gaza-strook te fasiliteer. Die hof het ook bevind Israel het nie sy bewerings oor UNRWA se vermeende partydigheid bewys nie. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê die hoeksteen van blywende vrede en bestendigheid in die streek hang volgens hom af van die erkenning van die Palestyne se reg op selfbeskikking.