# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het uitgevaar teen Israel se weiering om humanitêre hulp aan Gaza toe te laat, en sy voortgesette militêre optrede aan die Wesoewer. Die departement sê dit kom neer op ‘n skending van internasionale reg, en wys op die moontlikheid van verhongering as oorlogswapen en die gedwonge verskuiwing van Palestyne. Hulle steun die Arabiese Liga se oproep vir ‘n vredesmag van die Verenigde Nasies om bestendigheid in Gaza en die Wesoewer te verseker.
Suid-Afrika striem Israel se versperring van humanitêre hulp aan Gaza